Valke offisier is deur sy eie lede gearresteer

‘n Valke offisier is deur sy eie lede gearresteer vir sameswering om ‘n kontantwa te beroof asook ander misdrywe.

Petrus Doctor Nkosi, 53, is in hegtenis geneem vir onder andere gewapende roof, geldwassery, die misbruik van ‘n staatsvoertuig en dwarsboming van die gereg.

‘n Kontantwa roof in 2105 naby Hazyview asook ‘n bankroof van bykans R1,4 miljoen word gekoppel aan Nkosi.

Hy is tans op R8 000 borgtog vrygelaat.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!