Vark !!! – Pa gooi baba van plakkershut dak om sloping te voorkom

‘n Man van Port Elizabeth is gister in hegtenis geneem nadat hy sy kind van sy plakkershut se dak se dak afgegooi het om te voorkom dat sy woning gesloop word.

Die gru-toneel het homself gister in Joe Slovo se informele nedersetting afgespeel waar die polisie en metropolisie sowel as lede van die munisipaliteit, huise op munisipale grond gesloop het.

Die jong pa se skokkende optrede het gevolg na ‘n gespanne oomblik, waartydens SAPD-beamptes enkele minute terug nog probeer het om met die man te onderhandel.

Die man was sowat vyf minute op die dak voordat hy die baba gegooi het nadat lede van die gemeenskap hom aangepor het deur te skree – gooi, gooi,gooi!

Sekondes later het die man die baba by die been geswaai voordat hy die kleuter laat los  het.

Terwyl die omstanders geskree het, kon die polisie darem suksesvol die glimlaggende kleuter, wat salig onbewus was van die gevaar, veilig vang.

Ná ‘n hewige woordewisseling en skermutseling met die polisie is die 38-jarige man oorval, gearresteer en later aangekla van poging tot moord.

Volgens berugte het die pa, met die hulp van ‘n 35-jarige vrou wat as die kleuter se ma geïdentifiseer is, op die dak van die hut geklim nadat sowat 150 inwoners hom aangemoedig het om dit te doen. Na bewering was daar aan hom gesê dat die polisie nie sal optree teenoor hom nie aangesien hulle aan die veiligheid van die kind sou dink en hul in vrede laat.

André Beetge, woordvoerder van die Port Elizabeth-polisiewoordvoerder, het gesê maatskaplike werkers sal ingeroep word.

“Tans is die baba nog by die polisie. Ons sal maatskaplike werkers kry om die saak te hanteer, “het hy gesê.

Die oorspronlike berig is in Engels geplaas op Herald Live.


Enjoyed this post? Share it!