Verkeer tot stilstand geruk in Oos-Rand na taxi’s en bus dienste staak

Die taxi verenigings aan die Oos-Rand staak vandag en die Ekurhuleni raad het alle dienste van hul busse opgeskort uit vrees vir beskadiging van busse na dreigemente van geweld. Die busdiens sal eers weer Donderdag operasioneel wees.

Intussen het lughawe owerhede passasiers gewaarsku dat daar moontlik blokkasies van paaie kan wees en dat daar genoeg tyd gelaat moet word om betyds by die lughawe te kom.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!