Verskuiwing van die Parlement na Pretoria word vir derde keer opgehaal

Vir die derde keer sedert 1994 word die ou kwessie oor die verskuiwing van die Parlement na Pretoria opgehaal.

Mandela het in die jare 90 probeer. Zuma het dit 4 jaar gelede opgehaal – glo om geld te bespaar. En pas gister het Baleka Mbete bevestig dat ‘n taakspan gevorm is om ‘n impakstudie te doen oor die moontlikheid daarvan om die Parlement na Pretoria te skuif.

Die Parlement sit sedert 1910 reeds in die ou Kaapse Parlementsgebou.

Front Nasionaal gee werklik nie eintlik om waar die Parlement is nie. Ons wil juis deur die bedinging van selfbeskikking onsself losmaak van die doen en late van die Parlement.

Maar Ramaphosa kan dit nou sommer vir ons maklik maak. Skuif die Parlement na Nkandla, dan kan julle lekker daar sit en Afrika demokrasie speel en ons sal die res van die land neem en weer op sy voete sit.

O ja, en wanneer julle trek, neem tog asseblief daardie beeld van Mandela reg voor die voordeur saam. Ons sal nie nut daaraan hê nie, dankie.

Deur: Front Nasionaal


Enjoyed this post? Share it!