Die lughawens in Port Elizabeth, Kimberley, Kaapstad en Oos Londen se name moet al vier nou verander word.
Dit het ons sien kom toe Malema op Winnie Mandela se begrafnis geëis het dat Kaapstad Internasionaal na haar vernoem word, al is daar toe gesê ons jaag spoke op. Ons het mos darem lankal agtergekom Malema is die nuwe beleidskepper van die ANC.
Nou is daar ‘n drukgroep van ‘n Khoisan Opperhoof (nee, die daai ene nie! ‘n Ander een, want al ontken die Good Hopers dit ten alle koste is daar nie net een Khoisan Koning nie, die Khoisan baklei lekker onder mekaar oor wie nou eintlik die wettige koning is.). En dié drukgroep gaan vanaand ‘n versoekskrif oorhandig om te eis dat Kaapstad Lughawe verander word na “Krotoa International Airport.” Dit sal die wêreld se eerste lughawe wees wat die naam dra van ‘n vrou wat alombekend was in die oudste geskrifte as ‘n dronkaard en ‘n vrou van losse sedes.
Die ander voorstel is natuurlik dat dit vernoem word na Winnie Madikezela Mandela – die vrou wat onthou sal word vir halssnoere en vuurhoutjies.
Dis kommerwekkend watter standaarde die Nuwe Suid-Afrika stel aan die mense wat verheerlik moet word.
Oor die enorme koste van hierdie belaglikheid praat ons nie eens nie. Net aan nuwe naamborde en aanwysings het die verandering van Johannesburg Internasionaal na OR Tambo DESTYDS al oor die R5 miljoen gekos.
Deur: Front Nasionaal