Voormalige DA-leier word ingespan om Kaapstad se waterkrisis kommunikasieprojek te bestuur

Die voormalige DA-leier, Tony Leon, en Nick Clelland gaan glo ingespan word om Kaapstad se waterkrisis kommunikasieprojek te bestuur.

Resolve Communications, ‘n kommunikasie maatskappy, is deur die raad gehuur om ‘n kommunikasiestrategie te ontwikkel en te bestuur rakende die waterkrisis.

Op navraag het die raad ontken dat Leon, oftewel prominente DA lede, betrokke is by die projek, maar Leon is Resolve Communications se uitvoerende direkteur.

Navraag kon ook nie lig werp op die koste van Resolve se werk nie, en vrae oor hoekom ‘n buitekontrakteur aangestel moes word om inwoners bewus te maak van die krisis, is onbeantwoord gelaat.

Waarnemers wys daarop dat daar nie noemenswaardige verskil is in werkswyse by ANC-beheerde stadsrade en die DA-beheerde Kaapstad nie.

Foto: Tony Leon

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!