Vyf polisiebeamptes afgemaai in die Oos-Kaap

Vyf polisiebeamptes van die Ngcobo polisiestasie en ‘n weermaglid in die Oos-Kaap is vroeg Woensdagoggend doodgeskiet.

‘n Onbekende groep gewapende mans het die polisiestasie betree en op die beamptes begin skiet. Drie is onmiddelik gedood asook die weermaglid. Twee polisiebeamptes is weggevoer en later ses kilometer van die stasie dood gevind.

Skielik is daar ‘n doodsbevel uit op diegene wat verantwoordelik is vir die dood van die vyf polisiebeamptes. Hoewel die daad ten sterkste afgekeur word, meen kundiges dat daar nou dubbel standaarde geld.

Die kommissaris van polisie het verklaar dat diegene verantwoordelik vir die dood van die beamptes, dood of lewendig gevind moet word. Waarnemers vra wat van die verskriklikste plaasmoorde waar vrouens en kinders vermoor en verbrand word, en dat die kommissaris en die minister hulle prioriteite moet regkry en ook opdrag moet gee dat alle plaasaanval terroriste dood of lewendig gejag moet word.

Intussen is ‘n polisieman in sy huis in Pretoria-Noord doodgeskiet. Sy vrou en kinders het ongedeerd van die aanval afgekom.

Die VF Plus sê in sy reaksie op die aanval op die Ngcobo-polisiekantoordat dit ‘n bewys is dat misdadigers nie meer bang is vir die polisie nie en dat georganiseerde misdaad besig is om handuit te ruk .

“Dit is ook ʼn bewys dat Suid-Afrika nou die prys betaal vir die verbrokkeling van misdaadintelligensie-strukture wat veronderstel is om georganiseerde misdaad en sindikate te ontbloot. Dit word nie meer na behore gedoen nie.

“Dit is ook kommerwekkend dat misdadigers so gespesialiseerd kan optree dat hulle sonder vrees ʼn polisiekantoor aanval, polisielede vermoor, al die wapens en ʼn polisievoertuig roof en boonop twee lede te ontvoer wat later tereggestel is.

“Hierdie moet ʼn wekroep wees vir die regering en die polisie dat die misbruik van intelligensie-strukture vir politieke doeleindes ʼn duur prys is vir gewone Suid-Afrikaners is om te betaal aangesien dit ʼn situasie geskep het waarin misdaad floreer.

“Die VF Plus vereis streng optrede om die polisie drasties reg te ruk om misdaad effektief te bestry soos dit deur die Grondwet vereis word.”


Enjoyed this post? Share it!