Wapenskandaal: Twee presidente verbind met Zuma

Getuies in die tribunaal in Pretoria het twee Franse presidente verbind met Zuma en Mbeki rondom die wapenskandaal.

Jacques Chirac het volgens Ajay Sooklal vir Thabo Mbeki versoek om die Nasionale Vervolgingsgesag te oorreed om ‘n ondersoek na die Thales wapenvervaardiger onder die mat te vee.

Netso het Nicolas Sarkozy Zuma genader rondom dieselfde saak. Shabir Shaik het geld van Thales ontvang vir sy aandeel in die transaksie waarvan ‘n deel na Zarina Maharaj gekanaliseer is.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!