Wat ‘n skande, SAL diep in die knyp

SA Lugdiens kan nie sy geldelike verpligtinge nakom nie en is kniediep in die skuld.

Die erkenning kom van Luvuyo Jarana, die bestuurshoof van SAL. Hy het ‘n voorlegging aan ‘n parlementêre oorsigkomitee gemaak.

Ten spyte van die geldelike penarie van die lugdiens, verdedig hy uitgawes vir die beskerming van sekere bestuurspersoneel, wat dreigemente sou ontvang het. Hy het boonop summier geweier om bekend te maak hoeveel geld vir dié dienste betaal word.

Uit ‘n aankondiging van die adjunkminister van finansies, Mondli Gungubele, gaan die lugdiens nog vir ses maande dopgehou gaan word waarna die SAL sy eie sake sal moet bestuur.

Enjoyed this post? Share it!