Wees bewus van ‘n moontlike busstaking binne die komende week

Die SA African Transport & Allied Workers Union (SATAWU), asook vier ander unies, het ‘n waarskuwing uitgereik van ‘n moontlike nasionale bus staking volgende week.

Dit is weens ‘n dooiepunt wat bereik is met loon onderhandelings.

Die staking word beplan vir 18 April 2018.

‘n Minimum loon van R8 000 en ‘n 12% jaarlikse verhoging word geëis terwyl die werkgewers praat van ‘n R6 050 minimum salaris en ‘n jaarlikse verhoging van 7,5%.

Kosbare man-ure gaan verlore weens pendelaars wat nie hul werk kan bereik nie en dit in ‘n tyd waarin die ekonomie juis swaar trek. Vir vakverbonde tel dit egter geen punte nie en hul ontvang maandeliks hul ledegeld sonder gevaar van “geen werk geen betaling.”

Enjoyed this post? Share it!