Barbara Hogan sê sy moes bedank oor oudpres. Jacob Zuma haar uitvoerende gesag ontneem het.
Hogan, ’n voormalige minister van openbare ondernemings, het gister weer voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig, berig News24.
Sy sê sy en Jacob Maroga, destydse CEO van Eskom, het in 2009 verskil oor dié kragverskaffer se strategie.
Sy beweer Maroga het aangedui hy wil bedank, maar het later aan die raad gesê hy wil voortgaan met sy strategie vir die maatskappy.
In November 2009 het die raad ’n brief geskryf waarin hy Maroga se bedanking aanvaar het.
Zuma was op daai tydstip in die buiteland en Hogan het met adj.pres. Kgalema Motlanthe hieroor gepraat.
Volgens haar het Motlanthe gesê sy moet doen wat sy moes.
By Zuma se terugkeer in die land het hy haar gebel en verskree en gesê die raad moenie Maroga as CEO verwyder nie, berig News24.
Hogan sê sy moes die raadsvoorsitter, Bobby Godsell, bel en vir hom sê om die beplande mediaverklaring oor Maroga se bedanking te kanselleer.
Zuma het Hogan daarna ingelig hy’t Maroga toestemming gegee om na Eskom terug te keer. Maroga het toe ’n brief aan Hogan geskryf waarin hy vir haar gesê het hy is terug as die CEO.
“Hierdie was iemand wat effektief skelmstreke uitgehaal het met die wete dat hy die president se steun gehad het,” het sy getuig.
News24 berig adjunkhoofregter Raymond Zondo het die kommissie se sitting tot Maandag uitgestel. Pravin Gordhan sal vandag getuig.
Gratis Versekering en MVV (Motorvoertuigongelukversekering) Kwotasies en Begrafnisplanne Aanlyn …. Stuur net “Tuis” of “Auto” of “Lewe” of “Begrafnis” of “MVV” en u Volle Naam, Ouderdom en Selnommer na: info@medsure.co.za, of SMS / WhatsAPP die woord met jou volle naam, ouderdom en epos adres na: 062 30 30 314, of gaan net na www.MedSure.co.za, vul die toepaslike vorm in en ons bel jou.
Gratis inskrywing by ons Dating Service … kliek net Dating Service nou !!
Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!