Zuma – As jy van ‘n veewagter ‘n president maak, kry jy ‘n veedief

In Oktober 2016 het Zuma beeste gesteel. Ja. Suid-Afrika, die “reënboogwonderwerk” van multikulturalisme het so agterlik geword dat die destydse staatspresident beeste steel. Wat kan jy nou sê? As jy van ‘n veewagter ‘n president wil maak, kry jy ‘n president wat vee steel.

Sunday Times berig dat ‘n trop Bonsmaras van R1,5 miljoen, wat destyds op belastingbetalerskoste gekoop is vir “opkomende boere” in Noordwes, by Nkandla afgelewer is. Die omstrede premier van Noordwes, Supra Mahumapelo (wie se seun onlangs die R1 miljoen “beurs” van Denel ontvang het) was ook betrokke by die voorval.

Die Valke moet glo nou ondersoek instel na wat geword het van die 25 beeste.

Front Nasionaal reken hulle sal maar moet wikkel met daardie ondersoek – ou Zuma trou binnekort weer en daar sal bees geslag word vir die huweliksfees!

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!